Pieter-Steph se 100ste toets met spesiale trui en pet herdenk
Cape Union Mart vier Pieter-Steph du Toit se 100ste Boktoets met ’n spesiale trui en pet.
Om 100 toetse in die Groen-en-goud te speel, is geen geringe prestasie nie – maar dan weer, teen 2 meter lank is daar niks gering of gewoon aan Pieter-Steph du Toit nie. In 2024 het Du Toit – wat vir die SA o.20’s gespeel het toe hulle die Junior-Wêreldkampioenskap in 2012 gewen het – die eerste Suid-Afrikaanse speler geword wat Wêreldrugby se Speler van die Jaar-toekenning twee keer kon wen. Hy het ook die SA Rugbyspeler van die Jaar-toekenning in 2016, 2018 en 2019 gewen. Op 29 Augustus speel Du Toit sy 100ste toets en sluit hy aan by ’n elitegroep Springbokke wat hierdie mylpaal bereik het.
“Om selfs ’n enkele toets vir die Springbokke te speel, is ’n groot eer en voorreg. Om soveel meer as dit te kon speel, laat my geseënd en dankbaar voel,” sê Du Toit.
Du Toit is ’n handelsmerkambassadeur vir Cape Union Mart, en die kleinhandelaar vier hierdie mylpaal met ’n spesiale versameling. K-Way het ’n beperkte-uitgawe 100ste-toets-rugbytrui en -bofbalpet ontwerp wat spesifiek geskep is om die geleentheid te gedenk. Albei is by uitgesoekte Cape Union Mart-winkels en aanlyn te koop.
Hierdie artikel is nie geborg nie.
Lees ook
Die beste lente-parfuums het een ding gemeen – en dis nié blomme nie
Afika Jadezweni Eetbare geure begin stadigaan die seisoen se opwindendste bekendstellings oorheers. Hier is die elf parfuums wat geure vir die warmer ...
- 4 days ago
Hiér is die lente-skoenkeuses wat die vonk terugsit in jou klerekas
Deur Afika Jadezweni Crocs, Mary Janes en blokhakke (en soms saam met sokkies) . . . Hier is ’n paar verrassende skoenkeuses wat die winter binnekor...
- 1 week ago
Dié serum van R250 sal jou anders oor ’n olierige vel laat dink
K-skoonheid slyp al dekades lank die kuns van hidrasie, en hierdie serum – wat in Korea geformuleer is en gewild is onder Suid-Afrikaners – bewys dat daardie formules verbasend goed by plaaslike velle pas.
- 4 weeks ago




