Die somerson is fel – jou hoed kan nie lyf wegsteek nie

Die somerson is fel – jou hoed kan nie lyf wegsteek nie

Hier is ’n eerlike kykie na Emthunzini Hats, ’n Suid-Afrikaanse maatskappy, se 2026-lente-/somerversameling – en waarom ’n hoed dié tyd van die jaar ’n moet is.

Suid-Afrika lê in een van die sones met die hoogste UV-blootstelling ter wêreld. In die somer bereik UV-indekslesings gereeld 10 of hoër – die kategorieë “baie hoog” en “ekstreem” – wat beteken dat onbeskermde vel binne so min as 10 minute begin brand. Sonskerm is deel van die oplossing. ’n Hoed is die ander deel.

Maar nie elke hoed doen daardie werk nie. ’n Gewone breërandhoed sonder gesertifiseerde beskerming is eintlik net ’n mode-bykomstigheid. Jy kort iets met ’n UV-gradering, wat sy vorm goed behou, en wat gemaklik genoeg is dat jy dit elke dag sal wil dra.

’n SA handelsmerk wat dié probleem oplos

Emthunzini Hats – die naam beteken “in die skadu” in Zoeloe – was die eerste Suid-Afrikaanse hoedhandelsmerk wat amptelike CANSA SunSmart Choice-sertifisering gekry het. Die meeste van die maatskappy se hoede het ’n UPF50+-gradering vir UV-beskerming, wat beteken dit blokkeer minstens 98% van UV-straling. Dit is ’n geverifieerde, getoetste gradering, nie ’n bemarkingsfoefie nie.

Die handelsmerk het ook sy eie materiaal, Flexibraid, ontwikkel – ’n duursame geweefde materiaal wat platgedruk kan word, wasbaar is en ná herhaalde gebruik sy vorm behou. Prop dit in jou tas voor jou see-vakansie. Die materiaal word in meer as 20 style gebruik in ’n reeks wat nou uit meer as 70 style en 250 kleure bestaan.

Sonbeskerming is nie hier ’n bysaak nie. Dit is die hele punt.

Wat is nuut in die nuwe seisoen?

Drie nuwe fedoras is hierdie seisoen bekend gestel. Die Vista Fedora in beige is ’n skoon ontwerp met ’n klassieke silhoeët – dit is gerieflik en pas by alles. Die beskuitkleurige Cabana Fedora het ’n warmer, geweefde tekstuur wat goed werk saam met wit en natuurlike linne. Die Kikoi Fedora, beskikbaar in kameel- of masala-kleur, voeg ’n kleurband by wat deur die Oos-Afrikaanse kikoi-tekstiel geïnspireer is. Dis ’n klein maar doeltreffende manier om persoonlikheid by ’n neutrale uitrusting te voeg.

Die Naledi Fedora is ’n tweekleurontwerp wat met ’n Petersham-lint afgewerk is. Dit kom in vier kleure en is was- en frommelbaar – praktiese besonderhede wat saak maak wanneer ’n hoed gereeld gedra word eerder as om vir spesiale geleenthede gebêre te word.

Vir koeler aande of kusuitstappies is die uniseks Blake Fedora van 100% wolvilt gemaak en het dit, soos die meeste van die reeks, UPF50+-gesertifiseerde UV-beskerming.

Die kleurkeuses is ook uitgebrei. Die geweefde Gilly Fedora kom nou in 18 kleure, met bruingrys, olyf en masala wat bygevoeg is. Die Serenity en Horizon Fedoras bied  blouskakerings wat goed saam met wit en denim werk. Natuurgeïnspireerde neutrale kleure is te kry in die Vista, Dunes, Krobo en Bella Fedoras vir dié wat ’n aardse palet verkies.

Die hoed wat alles begin het

Die Pana-Mate is egter die styl wat die sterkste met die Emthunzini-naam verbind word. Dit is uniseks en handgemaak van Flexibraid, kan platgedruk word in ’n tas, is wasbaar en verstelbaar, en kom in ses skakerings. Pak dit plat in, en dit spring weer terug na sy vorm as jy dit uit die tas haal. Dit is ewe tuis op ’n wildkyksafari as ’n luilekker ete in ’n restaurant langs die see. Daardie veelsydigheid – ondersteun deur ’n UPF50+-gradering – is waarom dit steeds ’n topverkoper bly.

Hoe dit pas

Emthunzini bou interne grootteverstellings in die meeste van sy style in. Veral fedoras kan moeilik wees om sommer van die rak af te pas, en die verstelbare pasvorm haal baie van daardie frustrasie uit die proses. Met meer as 40 fedora-style is dit die moeite werd om jou tyd te neem wanneer jy die reeks aanlyn deurkyk.

ALLES sê

As jy hierdie somer ’n hoed dra – en gegewe Suid-Afrika se UV-vlakke is dit noodsaaklik – is dit die moeite werd om een te koop wat jou kan beskerm. Emthunzini se UPF50+-gesertifiseerde reeks is een van die omvattendste opsies wat plaaslik beskikbaar is, en sy Suid-Afrikaanse wortels, en praktiese eienskappe maak dit ’n goeie keuse. Die hoede lyk nie net mooi nie, dit doen wat dit moet doen.

Die Pana-Mate is die veelsydigste in die reeks. Die nuwe fedora-style is die moeite werd om te verken as jy iets soek wat meer spesifiek by ’n bepaalde voorkoms of geleentheid pas.

Gaan snuffel by sunhats.co.za.

Hierdie artikel is nie geborg nie en alle opinies is dié van die redaksie.