Koffie op ’n drafstap

Koffie op ’n drafstap

Het jy vinnig ’n kafeïen-inspuiting nodig? Hier’s ’n paar een-koppie-koffie-oplossings om jou regdeur die dag aan die gang te hou. 

BrewSpoon  

Jy kry werklik nie makliker as dít nie. Maak die lepel vol gemaalde koffie en dompel dit in ’n beker kookwater . . . en wag vir die lepel om sy ding te doen. Hy mag dalk aan die flou kant wees, so moenie ’n ryk espresso verwag nie. 

R199 by Outdoor Warehouse 

Aeropress Go 

Koffie in ’n minuut! Die Aeropress kom in ’n handige stelletjie wat al die stukke bymekaar hou – ideaal vir ’n versterkertjie op ’n staproete of 4×4-toer. 

R999 by Outdoor Warehouse of Cape Town Coffee Beans

 

 

Black + Decker-een-koppie-koffiemasjien 

Jy het nie altyd ’n pot vol koffie nodig nie. Maak vinnig ’n koppie voordat jy die spitsverkeer aandurf met hierdie een-koppie-masjien. Dit gebruik ’n verwyderbare filter wat maklik is om skoon te maak. Dit skakel ook die masjien outomaties af as die koffie gereed is, as jy dalk te haastig by die deur uit is. 

Ongeveer R229 by takealot.com 

Hario V60-koffiefilter 

Ons grootjies het almal so koffie gemaak en dit is weer in die mode om koffiefilters oor koffiebekers te gebruik. Die Hario is eenvoudig en pragtig en maak ’n heerlike koppie koffie. Dit is beskikbaar in keramiek- en plastiekweergawes. 

R649 (keramiek) en R179 (plastiek) by Cape Coffee Beans 

Bialetti Moka Express 

As jy aan ’n koppie Italiaanse espresso dink, sien jy waarskynlik die bialetti-mokkapotte in jou geestesoog. Hierdie koffiepotte het sedert hul bekendstelling in 1933 wêreldwyd bekend geword. Jy kry goedkoper weergawes van die Bialetti, maar hierdie een is in samewerking met die Milanese modehuis Dolce & Gabbana ontwerp. Pragtig! 

R2195 by Cape Coffee Beans