Soek jy ’n drafmaat? Dié 6 honde is die beste
Sommige honde is gebou vir spoed, ander vaar beter met ’n stadige, bestendige pas. As jy ’n vierpotige hardloopmaat soek, kies een van hierdie honde.

Weimaraners
Ideaal vir: Lang, bestendige drafsessies. Hulle wil graag net langs hul eienaar hardloop, wat hulle uitstekende drafmaats maak.

Amerikaanse veghonde (“pit bulls”)
Ideaal vir: Kort, vinnige drafsessies. Hulle is taamlik laag teen die grond en is meer geskik vir kort afstande.

Apporteerhonde (“Golden en Labrador retrievers”)
Ideaal vir: Enige pas en enige afstand. Apporteerhonde kom met almal oor die weg en het stewige lywe wat lekker afstande kan draf.

Foksterriërs
Ideaal vir: Mense wat in die hitte wil oefen. Hulle is energiek, maar jy moet hulle van jongs af afrig, want hulle kies graag hul eie koers as jy die leiband afhaal.

Duitse herdershonde
Ideaal vir: Mense wat in die koue wil oefen. Hulle is entoesiasties, intelligent, en dol oor ’n lekker strawwe oefensessie.

Australiese herdershonde
Ideaal vir: Bergpaaie met hindernisse. Hulle is vinnig en rats en geniet die uitdaging.
Lees ook
Jou hond is nie stout nie, hy’s verveeld – en hier is ’n manier om dit op te los
Ek ken al daardie skuldige gesig as my honde kwaad gedoen het terwyl ek op kantoor was.
- 6 days ago
Hoe slim is Wagter? Doen die hond-IK-toets en kyk!
Ons spog graag met “oubaas se slim honne”, maar hoe intelligent is hulle regtig?
- 4 months ago
Troeteldierkos: Ontsyfer die etiket
Vind jy die inligting op troeteldierkosetikette verwarrend?
- 4 months ago




