Laat die sprokies nuwe lewe kry
Boeke hoef nie passiewe speelgoed te wees nie. Met Human & Rousseau se reeks opwipsprokies, kan kleuters die verhale hoor, sien én voel.
Hansie en Grietjie, Gouelokkies en die Drie Bere, Aspoestertjie . . . dit is verhale waarmee ons geslagte lank al grootgeword het. Maar as ’n hedendaagse generasie langtand is vir boeke, is hierdie reeks “opwipsprokies” net die ding. Sien hoe die bladsye lewe kry. Aspoestertjie se goue koets klim uit die bladsye uit en sy en die prins is die middelpunt van die swierige bal. Arme Hansie sit in sy hokkie, skuins bokant die pot op die knetterende vuurtjie. Kinders sal eindelose plesier met hierdie boeke hê.
Die reeks bestaan uit:
- Sneeuwitjie en die Sewe Dwergies
- Die Drie Varkies
- Hansie en Grietjie
- Gouelokkies en die Drie Bere
- Aspoestertjie
Teen sowat R225 elk by takealot te kry
Lees ook
2026 se top-rekenaarspeletjies: Betree die wêrelde van jou rolprenthelde
2026 beloof om die jaar te wees waarin jou gunsteling-rolprentlegendes uiteindelik die status in die speletjieswêreld kry wat hulle verdien.
- 3 weeks ago
Niks op TV nie? Stroom hierdie 4 reekse
Van aristokratiese moordraaisels tot epiese reisavonture, en van skokkende ware misdaad-verhale tot ’n Suid-Afrikaanse tronkontsnappingsdokumentêr wat vreemder as fiksie is – daar is heelwat kykstof wat jy kan stroom.
- 1 month ago



