Kook soos ’n gourmet-sjef met ’n HomeChoice-gietysterstel
Van smaaklike bredies en potjiekos tot ’n murgsagte lamsboud, varsgebakte potbrood, sappige steak of groente in die riffelpan, soppe en paella – daar is eindelose smullekker geregte wat jy met ’n goeie gehalte gietysterstel kan skep. Hier is die Domino-versameling van HomeChoice, ’n bekostigbare, gehalte-reeks wat vir baie jare sal hou. En die pienk kleur het ALLES se hart gesteel!
Niks klop die veelsydigheid van ’n gietyster-pot-en-pan-stel nie. Jy kan dit elke dag van die week gebruik. Met HomeChoice se Domino-stel het jy alles wat jy nodig het.
Die 6 stuk-stel (R3 299) sluit in:
4,3L kastrol met deksel
3,3L kastrol met deksel
25,5cm-pan
PLUS: Handvatsel-oortreksel (as geskenk)
Die 10 stuk-stel (R4 999) sluit in:
4,3L kastrol met deksel
3,3L kastrol met deksel
4,2L vlak kastrol met deksel
26cm-riffelpan
PLUS:
Handvatsel-oortreksel ter waarde van R100
Potskraper ter waarde van R50
25,5cm-riffelpan ter waarde van R700
Buigsame betalingsopsies
HomeChoice se buigsame betalingsopsies laat hulle uitstaan bo hul mededingers. Benewens betaling met Visa, Mastercard en EFT-opsies, bied hulle maandelikse paaiemente via DebiCheck en kredietgeriewe deur Finchoice aan. Kies betalings vanaf so min as R348 per maand op die 6 stuk-Domino-stel.
Klik hier om te kyk en te koop
As jy klik en koop, sal ALLES ’n klein persentasie van die verkoopsom verdien sonder enige ekstra koste vir jou. Ons gebruik die inkomste om die webwerf te onderhou.
Lees ook
Ontmoet die perfekte Erfenisdag-spanmaats: Iced Zoo-koekies en die Springbokke
Terwyl ons ons Suid-Afrikaanse erfenis vier, is daar min dinge wat ons só saambring soos rugby en nostalgie.
- 6 days ago
Sit goeie wyn op die ideale manier voor – gee dit lug teen die regte temperatuur
Gerda Engelbrecht Ons het ’n temperatuurbeheerde wynkraffie van Solenco getoets, en dit het een van wynbediening se irriterendste probleme opgelos. ...
- 2 weeks ago
Sewe lekker wyne wat perfek is vir hierdie tyd van die jaar
Lente is hier en ons kan genadiglik na iets ligs, helder en vroliker in die glas gryp.
- 3 weeks ago




