Ontwikkeling van ou belangstellings: Beste filmkameras vir liefhebbers van analoog fotografie
Drie opsies om te oorweeg vir die verbetering van verskillende ervarings en kreatiewe doelwitte, soos aanbeveel deur ‘n ywerige analoogversamelaar.
Daar is minstens twee rolletjies film wat op my mediakas lê en wag om ontwikkel te word. Een van hulle het nou al ‘n verjaardag én ‘n aand wat beter beligting verdien het, oorleef. Ek weet – vaagweg – wat daarop is (of ten minste wie), maar die beelde self bly vir eers ‘n misterie.
Vir my is dit die stille bekoring van film. Nie noodwendig nostalgie nie, maar eerder ‘n weiering om elke oomblik te laat verdwyn in die maalstroom van die onmiddellike – nog ‘n 24-uur Instagram-storie, nog ‘n vlietende oomblik. Sodoende word die foto minder oor “bewys van lewe” (soos die onderskrifte lui) en meer oor behoud.
Hier is ‘n geskiedenis te vind – die kulturele geheue wat vroeër jare deur die bladsye van DRUM-tydskrif geweef was, of die gestruktureerde speelsheid van Szilveszter Makó se portretkatalogus, waar beelde op die beste manier moontlik “geleef” het. Alles is nie dadelik ontwikkel nie, want dit was nie nodig om dit alles nóú te moet hê nie.
Om vandag ‘n filmkamera te kies, gaan nie net oor die aankoop én inkoop van daardie estetika nie. Dit gaan oor hoe jy die kuns wil ervaar van herinneringe skep.
Lees ook: Fujifilm se nuwe X-T30 III beïndruk met sy video-eienskappe
Maar kom ons vind die realiteit in die romanse, want niks blus ‘n kreatiewe impuls vinniger as die besef dat jou “analoog-era” is óf uit voorraad.. óf net eenvoudig onbekostigbaar.
Die filmkultuur in Suid-Afrika is op die oomblik baie lewendig, maar die speelveld is ongelyk: dis maklik om intreevlak-kameras in enige winkelsentrum te vind, terwyl die meer gesofistikeerde toerusting in die tweedehandse ekosisteem leef (of ingevoer word met ‘n sekere angs wat daarmee gepaard gaan). Daardie spanning speel beslis ‘n rol in hoe, en of jy enigsins, die knoppie gaan druk.
Kom ons ondersoek die verskillende opsies:
Die toevallige argivaris: AgfaPhoto

Daar is iets verfrissend aan ‘n kamera wat jou presies ontmoet daar waar jy is. Die AgfaPhoto herbruikbare 35mm steun op daardie gemak. Toeganklik en intuïtief, hierdie maklik-om-te-gebruik kamera fokus minder op tegniese perfeksie en meer op eksperimente om te sien wat uiteindelik ontvou.
- Prys: ± R850 – R1 100
- Waar om te koop:
- Orms (ook aanlyn, lewer landswyd af)
- Outdoorphoto
- Takealot
- CameraTek
- Audiolens
Beskikbaarheid:
Dit is een van die min kameras wat steeds in die kleinhandel in sirkulasie is. Of jy nou in Johannesburg, Durban of Kaapstad is, die kanse is goed dat jy een kan opspoor, sou daar wel voorraad beskikbaar wees.
Beste vir:
Oomblikke wat jy nie wil oordink nie: verjaarsdae, etes, stranddae, daknatmaak, spontane uitstappies – jy kry die prentjie.
Die doelbewuste oog: Olympus OM-1

Met die Olympus OM-1 beweeg jy van “mik-en-druk” na volle beheer. Met hierdie kamera stel jy alles met die hand, so jy besluit oor die beligting, fokus en sluiterspoed. Dit verg nou wel ‘n bietjie meer moeite, maar dis baie meer konstant sodra jy die kuns bemeester.
Dit is betroubaar, solied gebou en ‘n goeie keuse as jy wil verstaan presies hoe jou beelde geskep word.
- Prys: ± R2000 – R6000 (standard second-hand) | up to R10 000+ (mint / serviced)
- Waar om te koop:
- Bob Shop
- CameraTek (twwedehands)
- Orms (af en toe gebruikte voorraad)
Beskikbaarheid:
Hierdie kamera bestaan amper geheel en al in die tweedehandse ekosisteem, wat beteken die toestand van die kamera is net so belangrik soos die prys. Jy koop iets met geskiedenis – die ideaal is dat die kamera gediens is en die verkoper weet wat hulle in die kamera het.
’n Nota oor “nuut”:
Die naam leef voort in die OM SYSTEM OM-1: ‘n moderne, volledig digitale kamera wat teen ongeveer R40 000+ verkoop. Dieselfde naam, heeltemal ander instrument. As jy op soek is na die filmervaring, bly die oorspronklike OM-1 die ideale kopie met ‘n goeie herverkoopwaarde.
Beste vir:
Portrette, redaksionele werk, en enigiemand wat ernstig is om alles van beligting te leer.
Die ritualis: Mamiya RB67

Die Mamiya RB67 is gebou vir stadiger, meer doelbewuste werk. Dit is ‘n modulêre mediumformaatstelsel wat tipies in ‘n ateljee gebruik word, groot 6×7 negatiewe produseer met merkbaar hoër detail en ‘n toonreeks meer as 35mm.
Alles word met die hand gestel en dis aansienlik swaarder as die meeste kameras, so dit gaan minder oor draagbaarheid en meer oor beheer. Sodra dit egter opgestel is, lewer dit konstsante, hoë kwaliteit resultate – veral vir portrette en komposisies waar tyd nie ‘n factor is nie.
- Prys: ± R10 000 – R20 000+ (afhangend van die toerusting: kamera, lens, agterkant)
- Waar om te koop:
- Bob Shop
- Privaat
- verkopers / versamelaar-netwerke (Instagram, forums)
- eBay (swaar invoertariewe)
Beskikbaarheid:
Dit is nie die tipe kamera wat jy in die kleinhandel sal vind nie. Die meeste eenhede word tweedehands gekoop, so beskikbaarheid hang af van wat tans in sirkulasie is. Die toestand, diensbaarheid en onderdele sal van die een verkoper tot die volgende verskil.
Beste vir:
Mode, fyn kuns, en beelde wat moet voel soos voorwerpe, nie net inhoud nie.
Vir ‘n meer toeganklike eweknie, probeer: Fujica GW690

As die Mamiya ‘n monument in die filmateljee is, is die Fujica GW690 sy meer pragmatiese neef.
- Prys: ± R8000 – R25000 (afhangend van toestand en invoer)
- Waar om te koop:
- eBay (primêr)
- Plaaslike herverkopers en fotografiegemeenskappe
- Nou en dan beskikbaar op Bob Shop
Dit skiet enorme 6×9 negatiewe – van die grootste wat jy kan kry sonder om toe te tree tot grootformaat, terwyl dit relatief draagbaar bly.
Beskikbaarheid:
Steeds ‘n nismark, maar dikwels makliker om mee saam te leef as die RB67. Minder komponente, minder veranderlikes.
Beste vir:
Redaksioneel, landskap, en fotograwe wat mediumformaat wil hê sonder al die rituele aksies wat daarmee gepaard gaan.
Lees ook
Die DJI Osmo Pocket 4 is FANTASTIES – maar WAG voor jy koop
Die DJI Osmo Pocket 4 is in April bekend gestel, en dit is alles waarvan ons gedroom het – ’n sakpas-buksie wat skarnier-kameras na nuwe hoogtes neem.
- 1 day ago
Op soek na ’n nuwe TV in 2026? Hier is alles wat jy moet weet
Saamgestel deur Dennis Cavernelis Is jy gereed om ’n nuwe TV aan te skaf, maar jy voel verlore in ’n see van tegniese terme en eindelose opsies? J...
- 1 month ago
Het jy nuwe oorfone nodig? Hier is die beste keuses vir elke behoefte en begroting
Deur Dennis Cavernelis Daar is nie een stel oorfone wat vir almal gaan werk nie. Met skynbaar eindelose soorte en handelsmerke – met of sonder ’n ...
- 1 month ago




