Die DJI Osmo Pocket 4 is FANTASTIES – maar WAG voor jy koop
Die DJI Osmo Pocket 4 is FANTASTIES – maar WAG voor jy koop
Die DJI Osmo Pocket 4 is FANTASTIES – maar WAG voor jy koop
Die DJI Osmo Pocket 4 is FANTASTIES – maar WAG voor jy koop
Die DJI Osmo Pocket 4 is FANTASTIES – maar WAG voor jy koop
Preview Thumbnail
Die DJI Osmo Pocket 4 is FANTASTIES – maar WAG voor jy koop
Die DJI Osmo Pocket 4 is FANTASTIES – maar WAG voor jy koop
Die DJI Osmo Pocket 4 is FANTASTIES – maar WAG voor jy koop
Die DJI Osmo Pocket 4 is FANTASTIES – maar WAG voor jy koop
Die DJI Osmo Pocket 4 is FANTASTIES – maar WAG voor jy koop

Die DJI Osmo Pocket 4 is FANTASTIES – maar WAG voor jy koop

Die DJI Osmo Pocket 4 is in April bekend gestel, en dit is alles waarvan ons gedroom het – ’n sakpas-buksie wat skarnier-kameras na nuwe hoogtes neem. Maar voordat jy die “koop”-knoppie druk, is daar ’n knuppel in die hoenderhok waarvan jy moet weet. Twee ander skarnier-kameras maak moontlik binnekort hul buiging, en hulle beloof om die kategorie heeltemal te herdefinieer. Een van dié baanbrekende kameras kom dalk óók van DJI af.

Die Osmo Pocket 4: ’n Spesifikasielys wat beïndruk

Laat ons eerlik wees: Die Osmo Pocket 4 is ’n absolute stukkie dinamiet in ’n klein pakkie. Hier is wat dit so begeerlik maak:

Sensor en Beeldkwaliteit

  • 1 duim-CMOS-sensor – ’n groot opgradering wat dit in dieselfde liga as premium kompakte kameras plaas.
  • 14 stop- dinamiese omvang – dit vang detail in skaduwees en helder omgewings vas, wat voorheen onmoontlik was met hierdie soort kamera.
  • 10-bit D-Log M-opnames – dit gee jou speelruimte as jy kleure wil verander in post-produksie-redigering.
  • F2-diafragma – uitstekende verrigting in swak beligte omgewings vir ’n skarnier-kamera.

Videogehalte

  • 4K teen 240fps in stadige aksie-modus – dit lewer seepgladde beeld wanneer jy dit terugspeel teen 10× (teen 24fps) of 8× (teen 30fps).
  • 4K teen 60fps vir normale video – met bykomende ondersteuning vir 3K en 1080p teen verskeie raamtempo’s.
  • 2× zoem (sonder verlies) – zoem in sonder om gehalte op te offer.

 

Nuwe praktiese kontroles

DJI het nie net die spesifikasies verbeter nie, die Osmo Pocket se ergonomie is ook aansienlik beter en makliker om te gebruik. Die Pocket 4 het ’n 5D-beheerstafie en twee knoppies wat dit moontlik maak om die kamera met een hand te werk. Die beheerstaaf laat jou toe om die skarnier met jou duim te laat swaai en te kantel. Druk die knop een keer om dit terug te neem, twee keer om dit weer in die middel te plaas, of drie keer om die kamera vorentoe of agtertoe te laat swaai. Die twee nuwe knoppies onder die raakskerm is fantasties: ’n toegewyde zoem-knoppie (een druk vir 2×, twee drukke vir 4×) en ’n knoppie wat jy vooraf kan instel om jou gunsteling-funksie vinnig by te kom. Jy hoef nie meer deur kieslyste te soek as jy haastig is om ’n skoot vas te vang nie. Die kontroles maak dit moontlik om jou kamera gereed te kry sonder om jou oë van jou onderwerp af te haal.

 

En daar is meer . . .

  • ActiveTrack 7.0 – DJI se nuutste KI-aangedrewe opsporing maak dit maklik om ’n bewegende voorwerp in fokus te hou.
  • Die meganiese skarnier het drie asse wat seepgladde beeldmateriaal lewer, selfs wanneer jy hardloop.
  • Die kamera het ’n ingeboude geheue van 107GB – baie gerieflik as jy nie ’n SD-kaart byderhand het nie.
  • 800MB/s oordragspoed, sodat jy jou video’s maklik kan aflaai.

In ’n neutedop: Die Osmo Pocket 4 is ’n volledige produksie-pakket wat in jou jean se sak pas. Vir vloggers, reisigers, en enigiemand wat uitsaaigehalte-beeldmateriaal benodig sonder om ’n rugsak vol toerusting saam te sleep, is dit so te sê perfek.

 

Insta360 ruk ’n Leica uit die mou

Hier is waar dinge interessant raak. Insta360 het pas hul Luna-reeks bekend gestel by die NAB Show 2026 – die wêreld se grootste uitsaai- en mediategnologie-handelskou, wat vanjaar in Las Vegas gehou is. Daar het Insta 360 hul Luna-reeks geheimsinnig agter versluierde glas uitgestal, en net ’n handvol YouTube-inhoudskeppers toegelaat om met die nuwe modelle te speel. Geen amptelike foto’s is egter aan die publiek beskikbaar gestel nie. Maar die belangrikste nuus is dat die Luna ’n dubbellens-skarnierkamera is wat Leica-lense bevat. Die Luna-reeks sluit twee modelle in: die Luna Pro (enkel-lens) en die Luna Ultra met ’n dubbel-lensstelsel. Laasgenoemde model is die een wat die grootste kompetisie vir die Osmo Pocket sal wees.

Die Luna Ultra se lekkerste kenmerke

Die dubbel-lensstelsel is saam met Leica ontwerp. Dis nou dieselfde gesogte Leica-handelsmerk wat al langer as ’n eeu puik kameratoerusting lewer. Die dubbellens-kombinasie beloof beter telefoto-moontlikhede, wat inhoudskeppers vir die eerste keer ware optiese zoem in ’n skarnierkamera sal gee.

Dit het ook:

  • 1 duim-sensor met F1.8-diafragma – wat kan meeding met die Pocket 4 se sensorgrootte en ligversamelvermoë.
  • Verstelbare brandpuntafstand – skakel vinnig tussen wye- en telefotolens.
  • 10-bit-kleurondersteuning – wat jou professionele kleurgraderingvermoëns in post-produksie-redigering gee.

Die Luna Ultra is steeds in die beta-fase en die amptelike bekendstellingsdatums is nog nie bevestig nie, maar die feit dat Insta360 met Leica saamgewerk het, is gróót nuus. Ons praat nie net van ’n logo wat op die lens geplak is nie – ons praat van ’n behoorlike vennootskap wat in November 2023 aangekondig is, met die doel om “toonaangewende beeldgehalte” by kompakte kameras moontlik te maak. As die Luna Ultra die Leica-lens tot sy reg laat kom, kan die dubbellens-stelsel fundamenteel verander hoe inhoudskeppers skarnierkameras gebruik.

Die groot troefkaart: die Osmo Pocket 4 Pro

Daar is egter nóg ’n kinkel in die kabel. Daar is ook al ’n paar maande lank gerugte oor ’n DJI Osmo Pocket 4 Pro-model wat moontlik Hasselblad-tegnologie bevat. Hoewel DJI dit nog nie amptelik bevestig het nie (dis suiwer gerugte), het verskeie lekkasies deur laat 2025 en vroeg 2026 daarop gesinspeel dat ’n Pro-model op pad is. Volgens die gerugte het dit:

  • ’n Dubbel-kamerastelsel (wye- + telefoto-lens), soortgelyk aan die Insta360 Luna.
  • ’n Hasselblad-lens – DJI het reeds ’n vennootskap met Hasselblad, en dié puik lense is reeds in die Mavic-hommeltuigreeks beskikbaar.
  • Beter sensorvermoëns as die reeds indrukwekkende standaard Pocket 4.

Gegewe DJI se bestaande verhouding met Hasselblad en die mededing met die Leica-toegeruste Luna Ultra, sal ’n Pocket 4 Pro strategies sin maak. As dit realiseer, sal hierdie dubbellens-skarnierkamera geen gelyke hê nie. Dit is nie net ’n “klein opgradering” nie, dit sal heeltemal in ’n klas van sy eie wees.

Hierdie is nie net klein verbeterings nie. Elke kamera verskuif daadwerklik die grense van wat jy met ’n sakpas-kamera kan doen.

Dis ’n lekker probleem om te hê

Dit is die soort dilemma waarvan tegnologie-bleeksiele droom. Ons kyk moontlik na drie fenomenale sakpas-kameras – die reeds beskikbare DJI Osmo Pocket 4, die Insta360 Luna Ultra met Leica-lensstelsel, en die moontlike Osmo Pocket 4 Pro met Hasselblad-integrasie – wat elkeen puik toerusting in jou handpalm plaas.

Hierdie is nie net klein verbeterings nie. Elke kamera verskuif daadwerklik die grense van wat jy met ’n sakpas-kamera kan doen.

Die ware wenner hier? Videograwe. Want ongeag watter kamera jy kies, het die sakpas-skarnierkamera-kategorie pas ontwikkel van ’n “oulike speelding” na “ernstige produksietoerusting”. Die vraag is nie of jy een moet koop nie – dit is watter een die beste by jou skietstyl pas. En op hierdie oomblik, met die Luna Ultra wat nog kom en die Pocket 4 Pro onbevestig, mag die slimste skuif wees om net ’n maand of wat te wag om te sien watter opsie die beste sal wees vir jou.

Die toekoms van beweeglike kameras het pas baie, baie interessant geword.