Is jy reg vir Voetbal-Vrydae? Hier is die beste Bafana Bafana-ondersteunersdrag
Kry jy weer daardie lekker Wêreldbeker-gevoel? Kikker jou klerekas op met die nuutste ondersteunersdrag van ons nasionale sokkerspan.
Min sportbyeenkomste trek wêreldwyd só die aandag soos die Fifa-Wêreldbeker, en vanjaar se eindtoernooi in Mexiko, Amerika en Kanada beloof om groter as ooit te wees.
Suid-Afrikaners het ’n spesiale verbintenis met dié sokkerskouspel. In 2010 het Suid-Afrika die eerste Afrika-land geword wat die Fifa-Wêreldbeker aangebied het. Onthou jy nog Siphiwe Tshabalala se ikoniese openingsdoel wat Soccer City laat bewe het en ’n nasie verenig het?
Vandag inspireer Bafana Bafana steeds ’n nuwe geslag ondersteuners. Onder afrigter Hugo Broos het die nasionale span die land weer energie gegee. En saam met daardie opgewondenheid kom ’n bekende ritueel: om sokkerklere aan te trek en ons harte op ons moue te dra.
LEES OOK: Tekkie van die week: Die First Sight Noir wys hoe Nike oor die toekoms dink
Die nuwe erfenisstuk
Die middelpunt van die huidige versameling is adidas se Suid-Afrika 26-wegtrui (die amptelike weergawe sowel as ’n replika).
Die liggewig-jacquardmateriaal en vaartbelynde sportiewe snit maak dit veelsydig genoeg om ook op ander dae as wedstryddae te dra. Dra dit saam met denim, nousluitende broeke of onder ’n oorgroot baadjie.
Amptelike Suid-Afrika 26-sokkertrui, R2 499 by adidas.co.za
Bafana Bafana-vroue-wegtrui 26, R1599 by Sportsmans Warehouse
Amptelike Kappa-mans-T-hemp in roomwit/wit/swart, R999.95 by Totalsports
SA Ondersteunershemp, R229.99 by Mr Price Sport
1996 Bafana Bafana baadjie, R3000 by Kasi Flavour
Subtiele spandrag
Vir diegene wat iets minder letterlik verkies, bied die Suid-Afrika 26-opwarmingstrui ’n mooi alternatief. Die treffende drukmotief en vaartbelynde silhoeët voel nader aan moderne straatmode as tradisionele ondersteunersdrag, wat dit makliker by jou gewone klerekas laat inpas.
Suid-Afrika-opwarmtrui 26, R1099 at adidas.co.za
Vir die toekomstige spelers
Vir jonger ondersteuners wat daarvan droom om eendag self die nasionale trui aan te trek, bied die jongste jeugdrag volop inspirasie.
Die Suid-Afrika 26-weg-kindertrui en bypassende kortbroek van adidas bied ’n kleiner weergawe van die professionele drag, terwyl Ackermans se Bafana Bafana-sweetpak ’n bekostigbare alternatief is.
Suid-Afrika 26-wegtrui (kindergrootte), R1 299 by adidas.co.za
Suid-Afrika 26-wegkortbroek (kindergrootte), R699 by adidas.co.za
Bafana Bafana-sweetpak, R229.95 by Ackermans
Bafana Bafana-langmouhemp vir seuns, R109.99 by Jet
Retro FIFA 2010-sokkertrui, R399.99 by Cotton On Kids
R 179.95 by Ackermans
LEES OOK: Kleurgetinte sonbrille is die maklikste manier om jou klerestyl ’n dosis dopamien te gee
Rond dit af
Bykomstighede bied ’n maklike manier om nasionale trots by jou voorkoms in te werk sonder om jou persoonlike styl prys te gee.
Bafana Bafana-buff, R119 by Takealot
Bafana Bafana-keps, R199 by Takealot
Suid-Afrika 26- klassieke hoed, R 499 by adidas.co.za
Versus Bafana Bafana-sokkies, R199.99 by Mr Price Sport
Suid-Afrika 26-sokkies, R 399 by adidas.co.za
Hierdie artikel is nie geborg nie, maar bevat geaffilieerde skakels. As jy ’n aankoop deur die skakel maak, sal ALLES ’n klein kommissie verdien sonder dat jy iets ekstra betaal. Alle menings is dié van die redaksie.
Lees ook
Tekkie van die week: Die First Sight Noir wys hoe Nike oor die toekoms dink
Sommige tekkies is op sportprestasies gemik.
- 2 weeks ago
Kleurgetinte sonbrille is die maklikste manier om jou klerestyl ’n dosis dopamien te gee
Kan ’n sonbril die lewe beter laat lyk, of net jou uitrusting?
- 2 weeks ago
Die serums met aktiewe bestanddele waaroor skoonheidsredakteurs dol is
Of jou vel nou bevogtiging, verheldering of beskerming nodig het, dié bestanddele in serums lewer sigbare resultate sonder om jou roetine onnodig ing...
- 2 weeks ago





















