Sony RX100 VII: Die staatmaker-reiskamera wat in jou sak pas
Sony RX100 VII: Die staatmaker-reiskamera wat in jou sak pas
Sony RX100 VII: Die staatmaker-reiskamera wat in jou sak pas
Sony RX100 VII: Die staatmaker-reiskamera wat in jou sak pas
Sony RX100 VII: Die staatmaker-reiskamera wat in jou sak pas
Sony RX100 VII: Die staatmaker-reiskamera wat in jou sak pas
Sony RX100 VII: Die staatmaker-reiskamera wat in jou sak pas
Sony RX100 VII: Die staatmaker-reiskamera wat in jou sak pas

Sony RX100 VII: Die staatmaker-reiskamera wat in jou sak pas

Een van ons gunsteling-winskopies vir Swart Vrydag is die Sony RX100 VII – ’n kamera wat al ’n rukkie op die mark is, maar steeds sy ding doen in die wêreld van reisfotografie. Hierdie kamera het legendariese status en is al jare lank boaan die lyste van die “beste reiskamera”. Selfs in 2026 noem Esquire dit nog “die geheime wapen van reisfotograwe wat nie swaar wil dra nie”. Sommige kameras verouder met grasie, en hierdie buksie is een daarvan.

’n Reisfotograaf se droom

Die RX100 VII prop ernstige tegnologie in ’n lyfie wat maklik in ’n baadjiesak pas. Teen slegs 302 g (battery en kaart ingesluit) merk jy dit skaars – tog lewer dit die soort werkverrigting waarvoor jy voorheen ’n sak vol kameratoerusting nodig gehad het.

Die uitstaande kenmerk is die 24-200 mm- ekwivalente zoemlens, te danke aan ’n ZEISS Vario‑Sonnar T‑lens. Dis hier waar Sony slim gespeel het. ’n ZEISS‑lens in ’n mik-en-druk is geen kleinigheid nie. Die lens bestaan uit 15 elemente in 12 groepe en lewer die  skerpte regdeur die zoom-reikwydte wat jy van ZEISS verwag. Dis ’n ernstige lens in ’n piepklein pakket, en ’n sleutelrede waarom die RX100 VII mededingers konsekwent uitstof wat beeldgehalte betref.

Daardie 24-200 mm‑lens is veelsydig genoeg dat jy die wyehoeklens vir landskapfotografie en straatfotografie kan gebruik en die telefoto-afstand vir portrette – alles in ’n kamera wat taamlik dun is. Die maksimum lensopening van f/2.8 aan die wye kant en f/4.5 by telefoto-afstand gee vir jou goeie laeligvermoë en onderwerpskeiding – indrukwekkend gegewe die kompakte vormfaktor.

Spesifikasies vir reisfotograwe

Hier is wat hierdie kamera briljant maak:

  • Sensor: 20.1‑megapieksel 1.0 duim- Exmor RS CMOS‑sensor
  • Lens: ZEISS Vario‑Sonnar T
  • Zoem: 8x optiese zoem (24-200 mm ekwivalent)
  • Lensopening: f/2.8 (wyehoek) – f/4.5 (telefoto)
  • Outofokus: 357 fasedeteksie‑punte plus 425 kontrasdeteksie‑punte, met nasporing in reële tyd en oog‑outofokus (mens en dier). Kan in 0,02 sekondes fokus
  • Snelfotografie: Tot 20 rame per sekonde met volle outofokus‑ en beligtingsnasporing
  • Skerm: 7,5 cm kantel-raakskerm‑LCD (kantel 180° op vir selfies, 90° af vir lae hoeke)
  • Video: 4K tot 30 beelde per sekonde, plus Active SteadyShot‑beeldstabilisering
  • Battery: Ongeveer 260 skote voor herlaaiing
  • Afmetings: 102 mm × 58 mm × 43 mm
  • Gewig: 302 g met battery en geheuekaart

Die outofokusstelsel is dieselfde as in Sony se professionele Alpha 9‑spieëllose kamera, wat beteken die kamera kan bewegende voorwerpe in reële tyd volg – onskatbaar vir straattonele, kinders of troeteldiere.

Die elektroniese beeldsoeker spring op en is ’n lewensredder in helder sonlig – iets wat jy op reis gereeld teëkom.

Vir video hou die RX100 VII goed kers vas by sy mededingers. Dit kan video in 4K opneem met Sony se S‑Log‑profiele vir kleurgradering, en het ’n mikrofoonprop en Active SteadyShot‑stabilisering (tot agt keer doeltreffender as die standaardmodus). Jy kan dus gladde video sonder ’n driepoot opneem. Die 180 grade-opklapskerm maak dit gewild onder vloggers.

Batteryduur is sowat 260 skote per lading, wat so-so is – dra dalk ’n ekstra NP‑BX1‑battery saam as jy reis. Die Wi‑Fi en Bluetooth‑verbinding maak dit maklik om foto’s en video na jou foon oor te dra.

Die ooglopende beperking

Al is dit briljant vir reis, straatfotografie, landskappe, portrette en algemene fotografie, is dit uiteraard nie die beste kamera vir wild- of ernstige voëlfotografie nie. Die 200 mm‑lens gaan nie die mas in die veld opkom nie. Daarvoor het jy ’n kamera met ’n regte telefoto‑opset nodig.

ALLES sê

Die Sony RX100 VII het reeds in 2019 verskyn en het in daardie stadium hier by die R30 000 gekos – nogals kwaai vir ’n mik-en-druk. Maar die gehalte het die prys die moeite werd gemaak en baie ernstige fotograwe het hierdie kamera in hul kamerasakke. Jy kan dit nou vir minder as R20 000 kry. Dit bly een van die mees bekwame sakpas kameras op die mark en lewer steeds die veelsydigheid en beeldgehalte wat dit ’n legende gemaak het.

Koop dit HIER by takealot.com
Hierdie artikel is nie geborg nie, maar bevat geaffilieerde skakels na vennote se webwerwe. As jy by hierdie webwerwe koop, kry ALLES ’n klein kommissie sonder dat dit jou enigiets kos. Alle menings is dié van die redaksie.