ALLES PROE Tabasco se Buffalo-sous (en ons is mal daaroor)
Het jy al Tabasco se nuutste geur geproe? Die Buffalo-styl sous van dié bekende handelsmerk is al ’n hele paar maande op ons rakke, maar is tans danksy sosiale media op almal se lippe.
Pizzas, vlerkies, slaai- en doopsouse . . . daar is honderde maniere waarop jy die nuwe Buffalo-styl sous kan gebruik. Tabasco het sy gewone brandsous met rooi rissie, knoffel en speserye aangepas om dit ’n Buffalo-styl geurprofiel te gee, en ons is versot daarop. Die sous brand minder as gewone Tabasco en kry 2 uit 5 vlamme op die botteltjie (wat branderigheid aandui).
Tabasco word sedert 1868 in Louisiana, Amerika, gemaak en die maatskappy is ná al die jare steeds in familiebesit. Die oorspronklike Tabasco-sous word gemaak van brandrissies wat met sout gemaal en vir tot drie jaar in houtvate verouder word, waarna dit met asyn gemeng en verder verouder word. Die duur vyf jaar in totaal om ’n botteltjie Tabasco te maak.

Doopsous met ’n byt
Die resep wat sosiale media gaande het, is ’n eenvoudige doopsous wat jou kantoor-kos in ’n proteïenryke peuselhappie omskep.
Meng 100 ml Griekse jogurt, twee skeute Tabasco Buffalo Sauce en ’n skeut suurlemoensap.
Eet dit saam met groentestokkies of as ’n slaaisous.

Maklike hoendervlerkies
Meng 60 ml Tabasco Buffalo Sauce met 60 ml botter en drup dit oor 400 gram hoendervlerkies. Braai in die lugbraaier vir 15 minute, draai dit elke paar minute om.
Bronne: tabasco.com; foodandwine.com
Lees ook
TOETS: Die span is verdeeld oor twee nuwe Cadbury-sjokoladegeure
Gerda Engelbrecht Cadbury het onlangs die Strawberry Cheesecake- en Birthday Cake-sjokoladegeure bekendgestel, en ons het dit in die kantoor gedeel. A...
- 5 days ago
Is Ceremony Matcha die moeite werd? Ons het dit op die proef gestel
Eerder as om dit in nóg ’n koppie melk te klits vir ’n latte, het ons Ceremony Matcha se nuwe Single Estate Blend in ’n klappergranola-resep gebruik om te sien hoe veelsydig dit is.
- 1 month ago
Ek het die Appetite Pap Maker getoets en dit amper nie teruggegee nie - dís hoekom
Ek het die Appetite Pap Maker – ’n veelsydige elektriese pot wat mieliepap, krummelpap, stampmielies, rys en sop kan maak – by die vervaardiger geleen om oor ’n naweek te toets.
- 2 months ago




