TOETS: Die span is verdeeld oor twee nuwe Cadbury-sjokoladegeure

Gerda Engelbrecht

Cadbury het onlangs die Strawberry Cheesecake- en Birthday Cake-sjokoladegeure bekendgestel, en ons het dit in die kantoor gedeel.

As daar enige soort nuwe sjokolade op die mark is, sal ek waarskynlik een van die eerste wees om dit te koop. Met twee nuwe geure, wat baie aanloklike name het, kon ek dit nie vinnig genoeg in die hande kry nie.

Hoe smaak dit?

Die Strawberry Cheesecake doen sy naam gestand. Klein spikkels aarbeijellie (soortgelyk aan Jelly Tots) is eweredig deur die sjokoladeblok versprei. Die tekstuur is romerig en die smaak laat jou dink aan die aarbeimelk wat jy as kind gedrink het. Dit is redelik soet, soos witsjokolade geneig is om te wees.

Die verrassing was die Birthday Cake-geur, wat ’n rojale hoeveelheid kleurvolle strooisels en brosbrood in die blok het.

Die beslissing

Toets 1 was saam met my (baie waarderende) gesin voor die TV ná aandete. Die gesin was verdeeld. Drie lede het die Strawberry Cheesecake-geur verkies en een het die Birthday Cake verkies. Almal was baie dankbaar dat daar iets soets ná aandete was.

In die kantoor was die konsensus dat die Birthday Cake-geur glad nie na verjaardagkoek smaak nie en dat dit oor die algemeen goed is, maar dat dit ’n “wow” kortkom.

Die Strawberry Cheesecake was die groot gunsteling. Die algemene gevoel was dat die suurheid van die aarbei die soetheid van die witsjokolade versag, en dat die aarbeistukke aan die einde ’n goeie “smaak-ontploffing” gee. ’n Kollega het opgemerk dat dit byna ’n kougom-nasmaak het.

Minstens drie kollegas het gesê hulle sal dit nie koop nie, maar het bygevoeg dat hulle gewoonlik nie witsjokolade koop nie.

ALLES sê

As jy van Nestlé se Milky Bar-stawe met die Smarties en Jelly Tots hou, het jy dalk ’n nuwe gunsteling. Indien nie, kan jy maar verbyhou. Ons sal egter nuuskierig wees hoe hierdie geure in ’n weergawe met donkerder sjokolade proe.

Ons het ons s’n by Checkers gekoop.

Hierdie artikel is nie geborg nie en bevat geen geaffilieerde skakels nie. Alle menings is dié van die redaksie.