O Flip! Dié DJI-drone is perfek vir beginners

Preview Thumbnail

Met die Flip het DJI daarin geslaag om sy reputasie as een van die mees innoverende kamera-tegnologie-maatskappye gestand te hou. As jy op soek is na jou eerste drone, moet jy die DJI Flip ernstig oorweeg. 

Hommeltuig-fotografie bied unieke perspektiewe wat tradisionele fotografie nie kan ewenaar nie. Met ’n drone kan jy asemrowende lugfoto’s neem wat voorheen net moontlik was uit helikopters en vliegtuie. 

Die Flip, DJI se beste beginnerhommeltuig, staan om ’n paar redes uit: 

  • Die lemme is beskerm en die drone het hindernisvermyding in alle rigtings, wat dit onmoontlik maak om dit te laat neerstort. Wel, ámper onmoontlik . . . 
  • Is jy ’n drone-groentjie wat nog nie kan vlieg nie? Geen probleem nie. Die DJI Flip kan homself vlieg! Skakel die drone aan (deur die knoppie op sy rug te druk), selekteer ’n vliegmodus deur dieselfde knop te druk, en die drone doen die res. Jy kan dit ook met jou selfoon of die afstandbeheerder laat vlieg. As jy die drone wil laat land, stap eenvoudig in die rigting van die drone en steek jou hand uit. Die Flip sal op jou hand land. 
  • Danksy intelligente KI kan die Flip jou identifiseer en jou volg. Die verstek-opsie is dat die Flip jou volg, ideaal vir stappers, drawwers en fietsryers. 
  • Dit neem video op in 4K 60P en het ’n 1/1.3-duim-beeldsensor, wat beteken die beeldgehalte is meer as skaflik. 

Prys: R15 995 van Orms vir die Flip met die RC2-afstandbeheerder en “fly more combo”, wat 2 ekstra batterye insluit. 

https://www.dji.com/global/flip