O Flip! Dié DJI-drone is perfek vir beginners
Met die Flip het DJI daarin geslaag om sy reputasie as een van die mees innoverende kamera-tegnologie-maatskappye gestand te hou. As jy op soek is na jou eerste drone, moet jy die DJI Flip ernstig oorweeg.
Hommeltuig-fotografie bied unieke perspektiewe wat tradisionele fotografie nie kan ewenaar nie. Met ’n drone kan jy asemrowende lugfoto’s neem wat voorheen net moontlik was uit helikopters en vliegtuie.
Die Flip, DJI se beste beginnerhommeltuig, staan om ’n paar redes uit:
- Die lemme is beskerm en die drone het hindernisvermyding in alle rigtings, wat dit onmoontlik maak om dit te laat neerstort. Wel, ámper onmoontlik . . .
- Is jy ’n drone-groentjie wat nog nie kan vlieg nie? Geen probleem nie. Die DJI Flip kan homself vlieg! Skakel die drone aan (deur die knoppie op sy rug te druk), selekteer ’n vliegmodus deur dieselfde knop te druk, en die drone doen die res. Jy kan dit ook met jou selfoon of die afstandbeheerder laat vlieg. As jy die drone wil laat land, stap eenvoudig in die rigting van die drone en steek jou hand uit. Die Flip sal op jou hand land.
- Danksy intelligente KI kan die Flip jou identifiseer en jou volg. Die verstek-opsie is dat die Flip jou volg, ideaal vir stappers, drawwers en fietsryers.
- Dit neem video op in 4K 60P en het ’n 1/1.3-duim-beeldsensor, wat beteken die beeldgehalte is meer as skaflik.
Prys: R15 995 van Orms vir die Flip met die RC2-afstandbeheerder en “fly more combo”, wat 2 ekstra batterye insluit.
https://www.dji.com/global/flip
Hierdie artikel is nie geborg nie en bevat geen geaffilieerde skakels nie. Alle menings is dié van die redaksie.
Lees ook
Nuwe Apples: Moet jy die iPhone 18 Pro koop, of wag vir die Duo?
Gerda Engelbrecht Apple het weer die tegnologiebedryf aan die praat nadat die maatskappy by sy tradisionele September-uitreikings nie een nie, maar tw...
- 2 weeks ago
Sit goeie wyn op die ideale manier voor – gee dit lug teen die regte temperatuur
Gerda Engelbrecht Ons het ’n temperatuurbeheerde wynkraffie van Solenco getoets, en dit het een van wynbediening se irriterendste probleme opgelos. ...
- 2 weeks ago
Ek het die Garmin Edge 1050 oor 230 km en 17 en ’n half uur getoets – en dís waarom ek mal daaroor is …
Hoe die Garmin Edge 1050, oftewel “Antie G”, ons deur ons vyfde TransBaviaans gekry het Karin Burger Daar is ’n rede waarom die TransBaviaans as...
- 1 month ago




