Die Swart Vrydag-babalys: 22 dinge wat jy REGTIG nodig het voor die kleinding kom
Almal waarsku jou oor die slapelose nagte. Niemand waarsku jou hoeveel GOED ’n klein mensie nodig het nie – of hoe vinnig die kleinighede (doeke, fopspene, trooskombersies wat altyd spoorloos wegraak) kos nie. Goeie nuus: Swart Vrydag kan uitkoms bring. Hier is 22 noodsaaklikhede wat die moeite werd is om te koop terwyl dit op afslag beskikbaar is – elkeen los ’n spesifieke probleem op. Die lys is saamgestel deur ’n ma van twee.
Die lys
Hierdie gaan jou bas red! Dit is nie met parfuum gegeur nie en het die regte pH-balans vir jou baba.
’n Vinnige oplossing vir gesiggies, handjies en boudjies.

Hierdie room verrig wondere om luieruitslag te voorkom en te behandel.
Jou baba se vel is nog te delikaat vir grootmensseep. Hierdie seep voorkom droë en jeukerige vel.
Jou beste hulpmiddel om jou baba se vel sag te hou en droë kolle te voorkom.
Seël vuil doeke in hierdie sakke sodat die babakamer altyd lekker na poeier ruik.

Hierdie sak maak dit maklik om altyd die nodigste by jou te dra wanneer baba dalk ’n skoon doek mag nodig kry.

Sien hierdie as die noodknoppie – wanneer jy dringend albei jou hande nodig het vir jou koppie koffie.
Doekomruiling verloop nie altyd volgens plan nie – soms verras jou kleinding jou terwyl jy nog besig is om die nuwe doek aan te sit. Hierdie produk sal sorg dat alles nie besmeer word nie.

Hierdie houer vou oop sodat jy altyd ’n skoon, waterdigte ruilplek byderhand het.
Die postpartum-noodsaaklikheid waaroor mense nie graag praat nie. Hierdie is ekstra groot en ekstra absorberend. Koop ekstra.

Hierdie doekies keer dat jy nie verras word met borsmelk op jou hemp nie.
As jy moet melk uitpomp, sal hierdie sakkies dit maklik maak om dit te merk en te vries.
Die babawaentjie kry dadelik ekstra plek vir inkopiesakke met hierdie knippe. Dit hou ook die kombersie veilig oor jou baba.

Jy gaan dit nie op Dag 1 al nodig kry nie, maar as jy jou baba vroeg aan sy troetelkombersie bekend stel, kan dit later vir jou rus en vrede besorg. My vriende sweer almal by hierdie Japie-my-skapie. ALLES-wenk: Koop drie, want trooskombersies het die slegte gewoonte om weg te raak wanneer jy hulle dit nodigste het.

As jy aandete moet kook en baba ’n wil van sy eie gekry het. Of vir die dae wanneer jou kleuter jou nodig het, maar jou baba vasgehou moet word. Hierdie een hou jou baba vas, maar jou arms los. Almal wen.

Hou jou oë op die pad, maar jou baba binne sig met hierdie spieël. Babas is nie almal ewe lief vir motors nie. Hierdie spieël kan hulle besig hou.

Dit lyk soos enige rugsak, maar as jy dit oopmaak, bevat dit alles wat baba mag nodig kry – tot ’n kantsak wat die bottel warm kan hou.

Maak jou bababottels kiemvry in ’n japtrap.
Antibakteriese silwer bring moeiteloos verligting vir teer borste.

Gee jou rug en arms ’n ruskans terwyl jy jou baba voed.

Geniet rustig jou aandete saam met grootmense terwyl jy ook ’n oog oor die bababed hou.
Hierdie artikel bevat geaffilieerde skakels na amazon.co.za – as jy klik en koop, sal ALLES kommissie verdien sonder dat dit jou iets ekstra kos. Alle menings is dié van die redaksie.
Lees ook
Die beste staproetes ter wêreld: ’n Gids wat jou sal inspireer
Ontdek meer as 70 epiese roetes in Afrika, Europa, Japan en die VSA – alles in een glanstydskrif.
- 2 weeks ago
Murdoku kombineer Sudoku met ’n moordraaisel – en dit is verslawend
Daar is ’n nuwe soort raaiselspeletjie beskikbaar, en Sudoku‑liefhebbers gaan mal daaroor wees.
- 3 weeks ago
Doen nóú jou huiswerk om die meeste uit Swart Vrydag te haal
Swart Vrydag is net ’n paar weke weg, en hoewel die dag waansinnig kan raak, kan ’n bietjie voorbereiding nou die verskil beteken tussen werklike besparing en met jou hande in die hare sit.
- 1 month ago














