Om net jou gewig te meet is nie genoeg nie – dié skaal vertel die volle waarheid oor jou gesondheid
Om net jou gewig te meet is nie genoeg nie – dié skaal vertel die volle waarheid oor jou gesondheid
Om net jou gewig te meet is nie genoeg nie – dié skaal vertel die volle waarheid oor jou gesondheid
Om net jou gewig te meet is nie genoeg nie – dié skaal vertel die volle waarheid oor jou gesondheid
Om net jou gewig te meet is nie genoeg nie – dié skaal vertel die volle waarheid oor jou gesondheid
Om net jou gewig te meet is nie genoeg nie – dié skaal vertel die volle waarheid oor jou gesondheid
Om net jou gewig te meet is nie genoeg nie – dié skaal vertel die volle waarheid oor jou gesondheid
Om net jou gewig te meet is nie genoeg nie – dié skaal vertel die volle waarheid oor jou gesondheid
Om net jou gewig te meet is nie genoeg nie – dié skaal vertel die volle waarheid oor jou gesondheid
Om net jou gewig te meet is nie genoeg nie – dié skaal vertel die volle waarheid oor jou gesondheid
Om net jou gewig te meet is nie genoeg nie – dié skaal vertel die volle waarheid oor jou gesondheid
Om net jou gewig te meet is nie genoeg nie – dié skaal vertel die volle waarheid oor jou gesondheid

Om net jou gewig te meet is nie genoeg nie – dié skaal vertel die volle waarheid oor jou gesondheid

Gerda Engelbrecht

Niemand klim graag op ’n skaal nie. Maar as jy jou tot ’n gesonder leefstyl verbind, ken jy daardie liefde-haat-verhouding. Jy hou niks daarvan nie, maar jy het dit ook nodig – want volhoubare lewenstylverandering vereis dat iets jou verantwoordbaar hou. Jy kan nie iets bestuur wat jy nie meet nie. Om ’n skaal te gebruik wat slegs jou totale gewig meet, is nie genoeg nie. Ek gebruik die Xiaomi S400 al ses maande en hier is my ervaring.

Jou gewig is net ’n deel van die storie

Ek is in my vyftigs, en ongeveer 18 maande gelede het ek ernstig begin om gewig te verloor. Soos die meeste mense van my ouderdom was ek nie net besorg oor die syfer op die skaal nie – ek was bang ek verloor spiermassa en nie vet nie. In my lewensfase is spiere nie ’n kwessie van ydelheid nie; dit is noodsaaklik vir my beweeglikheid, metabolisme en lewensgehalte namate ek ouer word. Ek is ook bewus van die risiko vir osteoporose en wou my beengesondheid dophou terwyl ek gewig verloor.

Dit is wat ek op die harde manier geleer het: ’n Gewone badkamerskaal is feitlik nutteloos vir hierdie soort reis. Dit meet slegs een ding – totale massa. Dit kan nie onderskei tussen vet, spiere, water of been nie. In my eerste drie maande van oefening en gesonder eet het my gewig skaars beweeg. Volgens my ou skaal het daar niks gebeur nie. Ek het sterker gevoel, my klere het anders gepas, maar daardie syfer het soos ’n neet geklou. Sonder beter data sou ek aangeneem het dat my oefenprogram en dieet nie werk nie.

Die skaal wat alles verander het

Dit is waar ’n liggaamsamestelling-skaal onmisbaar word. In plaas daarvan om jou net te vertel hoeveel jy weeg, vertel dit jou waaruit jy bestaan. Die Xiaomi S400  gebruik dubbelfrekwensie bio-elektriese impedansie-analise (BIA) om 25 verskillende gesondheidsaanwysers te meet, insluitend liggaamsvetpersentasie, spiermassa, beenmineraal-digtheid, waterinhoud, visserale vetvlakke en LMI (liggaamsmassa-indeks, of BMI in Engels).

Die wetenskap daaragter is eenvoudig: Die skaal stuur stil-stil ’n elektriese stroom deur jou liggaam. Omdat verskillende weefsels (vet, spiere, water) elektrisiteit verskillend gelei, kan die skaal jou liggaamsamestelling bereken. Xiaomi meet die S400 se resultate teen DEXA-skanderings – die goue standaard wat in mediese omgewings gebruik word – en bereik ’n korrelasiekoëffisiënt van ≥0,93 vir sleutelmaatstawwe soos liggaamsvetpersentasie.

Sal hierdie skaal ’n meer gespesialiseerde toets by ’n mediese fasiliteit 100% weerspieël? Waarskynlik nie. Maar oor ses maande het dit my presies gegee wat ek nodig gehad het: konsekwente, naspeurbare data wat wys dat ek in die regte rigting beweeg. Ek verloor vet, nie spiermassa nie. My beenmineraal-digtheidslesings het stabiel gebly. Dit is die bevestiging wat ek gemis het. As daardie syfers die dag afneem, sal ek die (duurder) gespesialiseerde mediese toetse ondergaan.

Wat die S400 alles meet

Die S400 gee jou nie net een syfer nie. Dit bou ’n volledige gesondheidsprofiel op. Bo en behalwe liggaamsvetpersentasie en spierpersentasie, toon dit beenmineraal-digtheid (noodsaaklik vir iemand van my ouderdom wat die risiko vir osteoporose monitor), basale metaboliese tempo, liggaamsouderdom, visserale vetvlakke en LMI. Al hierdie data sinchroniseer naatloos via Bluetooth 5.0 met die Xiaomi Home-toepassing, waar dit gestoor en in maklik-leesbare grafieke en kaarte vertoon word.

Hierdie syfers het my lewe verander. Wanneer ek ’n neiginglyn kan sien wat wys dat my liggaamsvetpersentasie met 10% gedaal het terwyl my spiermassa oor ses maande met 2,3 kg toegeneem het, kry ek ’n sinvolle bevestiging dat my pogings werk.

Hierdie data is ewe waardevol vir mense wat kreatien by hul dieet voeg. Kreatien veroorsaak waterretensie in spiere, wat dikwels as gewigstoename op ’n gewone skaal verskyn. Met die S400 kan jy sien dat die hoër syfer spiermassa en water verteenwoordig – nie vet nie. Dit is die verskil tussen paniekerig raak en op koers bly.

Die skaal self is slim ontwerp. ’n Versteekte LED-skerm verskyn slegs wanneer jy opstap en wys jou gewig, liggaamsvetpersentasie en hartklop direk op die glasoppervlak. Die 300 x 300 mm-platform is ruim genoeg om stabiel te voel, en die versterkte glas kan tot 150 kg hanteer. Dit werk met drie AAA-batterye wat ongeveer ses maande hou, en ondersteun tot 36 individuele gebruikersprofiele – ideaal vir gesinne of huishoudings waar verskeie mense hul gesondheid wil monitor.

Indrukwekkende gehalte teen ’n redelike prys

Dit is waar die S400 werklik uitstaan: Dit lewer professionele kenmerke en bou-gehalte sonder die professionele pryskaartjie. Die meeste liggaamsamestelling-skale met soortgelyke akkuraatheid en kenmerke kos aansienlik meer. Die S400 kos tans R599 op takealot.com (prys is onderhewig aan verandering), wat uitsonderlike waarde is wanneer jy in ag neem dat jy verskeie gesondheidsmaatstawwe, ondersteuning vir meervoudige gebruikers, lang batterylewensduur, toepassing-integrasie met volledige historiese naspeuring, en ’n ontwerp kry wat nie uit sy plek sou lyk in ’n boetiek-gesondheidstudio nie.

Xiaomi het baie funksionaliteit in hierdie toestel ingepak. Die babaweegmodus (jy klim op die skaal met die baba in jou arms) is ’n slim toevoeging vir nuwe ouers. Die besoekermodus laat gaste toe om hulself te weeg sonder om jou datageskiedenis deurmekaar te krap. Die balanstoets evalueer hoe gelyk jy jou gewig oor albei voete versprei – ’n nuttige aanwyser van postuur en stabiliteit.

Kry só akkurate lesings

Alhoewel die S400 indrukwekkende akkuraatheid vir ’n verbruikerstoestel lewer, is dit belangrik om te verstaan dat die analise deur verskeie faktore beïnvloed word. Vir die betroubaarste resultate moet jy die skaal kaalvoet gebruik (sokkies of nat voete sal die elektriese stroom belemmer), jouself telkens op dieselfde tyd weeg (verkieslik vroeg oggend voor jy eet of drink), en die skaal vermy ná oefening of ’n warm bad. Jou hidrasievlakke beïnvloed lesings aansienlik, sodat dramatiese dag-tot-dag-skommelings dikwels waterretensie eerder as werklike veranderinge in liggaamsamestelling weerspieël. Dit is waarom die historiese opvolgkenmerk so waardevol is: korttermynvariasies maak minder saak as die algehele neiging oor weke en maande. Beskou elke individuele lesing as ’n datapunt eerder as absolute waarheid, en laat die patrone die werklike verhaal vertel.

Vir wie is dit ideaal?

Die S400 is ideaal vir enigiemand wat hul gesondheid ernstig genoeg opneem om betekenisvolle data te wil hê, maar nie ’n fortuin wil spandeer of met ingewikkelde toerusting wil sukkel nie. Dit is veral geskik vir mense wat kragoefening doen, ’n leefstylverandering ondergaan, ouderdomsverwante spierverlies bestuur, of beengesondheid monitor. As jy aanvullings soos kreatien by jou roetine voeg, sal hierdie skaal jou wys wat werklik agter die gewigskommelinge gebeur.

Wie moet nié die skaal gebruik nie

Xiaomi raai swanger vroue en individue met pasaangeërs of ander ingeplante mediese toestelle af om die skaal te gebruik. Die elektriese stroom, hoewel veilig vir die meeste mense, kan mediese toestelle beïnvloed. Xiaomi raai ook kinders onder ses jaar oud, volwassenes ouer as 80, en professionele atlete af om dit te gebruik. Kinders en bejaarde volwassenes se liggaamsamestelling val buite die skaal se kalibrasieomvang; en elite-atlete het dikwels sulke ongewone spier-tot-vet-verhoudings dat die syfers onbetroubaar word.

ALLES sê

As jy net ’n basiese skaal soek om jouself af en toe te weeg, is dit dalk meer as wat jy nodig het. Maar as jy op ’n gesondheidsreis is – veral een waar liggaamsamestelling meer saak maak as blote gewig – verskaf hierdie skaal die data wat jy nodig het om gemotiveerd en op koers te bly.

Vir my, 18 maande op my reis, was die S400 die verskil tussen raai en weet. Tussen frustrasie en vertroue. Tussen wonder of ek spiermassa verloor en die bewys sien dat ek dit nie doen nie.

Die Xiaomi S400 bewys dat jy nie hoef te kies tussen gehalte en bekostigbaarheid nie. Soms kan jy albei hê.

Koop dit HIER by takealot.com

 

Hierdie artikel is slegs vir ingligtingsdoeleindes en nie as mediese raad bedoel nie. ALLES aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige uitkomste, gesondheidskwessies of produkprestasie wat verband hou met die inligting wat verskaf word nie. Die Xiaomi S400 is nie ’n mediese toestel nie en moet nie gebruik word om enige mediese toestand te diagnoseer, te behandel of te bestuur nie. Raadpleeg altyd ’n dokter of ’n gekwalifiseerde gesondheidsorgpraktisyn voordat jy besluite neem oor jou gesondheid, enige gewigsverliesprogramme begin, of jou dieet of oefenroetine verander.

Hierdie artikel is nie geborg nie, maar bevat skakels na vennote se webwerwe. As jy ’n produk via hierdie skakels koop, sal ALLES ’n klein kommissie ontvang, sonder enige bykomende koste vir jou. Alle menings is dié van die redaksie.