Swart Vrydag: Hier is goeie tegnologieprodukte op afslag
Hier rondom Swart Vrydag het ons op amazon.co.za gaan snuffel vir die tegnologie-winskopies wat die moeite werd is. Van skootrekenaars en slimfone tot slimhorlosies, kameras en lugbraaiers – hier is die produkte wat ons oog gevang het. Voorraad verkoop vinnig uit, so moenie te lank wik en weeg nie.
Lugbraaiers en kombuistoerusting
Kenwood-lugbraaieroond MOA26.600SS
R1 999 (was R3 559; 44% af)
Dit is meer as net ’n lugbraaier, dit is ’n kompakte oond wat verskeie toestelle vervang. Dit bak pizzas van tot 30 cm, kan ’n oondpan van 25 cm akkommodeer en gebruik net ’n eetlepel olie vir braaikos – volgens Kenwood tot 80% minder olie as ’n tradisionele oliebraaier. ’n Lig binne laat jou toe om na die aandete te loer sonder om die deur oop te maak.
Koop dit HIER

Instant Pot Vortex Plus ClearCook 6-in-1 (5,7 L)
R2 099 (was R2 999; 30% af)
Die naam verklap die toestel se superkrag: ’n Venster en binnelig laat jou toe om te sien hoe jou kos bruin word sonder dat hitte verlore gaan. Jy kan kos lugbraai, rooster, bak, opwarm en dehidreer. Die gekantelde raakskerm lei jou deur elke program, en die draaiknop stel die temperatuur van 35 °C tot 205 °C. Dis ideaal vir paartjies en klein gesinne.
Koop dit HIER
Instant Pot Vortex Plus-lugbraaieroond (13 L)
R2 549 (was R3 999; 36% af)
As jy vir ’n skare kook, is die 13 L-kapasiteit die groot trekpleister. Dit braai, bak en rooster met 360°-lugvloei sodat jou kos bros buite en sappig binne is. Nege eenknoppie-voorafinstellings haal die raaiwerk uit jou kookwerk. Die draaispitfunksie maak ’n hele hoender in minder as ’n uur gaar. Instant Pot sê dit gebruik tot 95% minder olie as oliebraaiers.
Koop dit HIER

Instant Pot Vortex Plus Versazone 8-in-1 (8,5 L, 1 700 W)
R3 435 (was R4 999; 31% af)
Dit is ’n topproduk in die Instant Pot-reeks, met agt kookfunksies en ’n kragtige element van 1 700 W. Dit het min of geen voorverhitting nodig nie. Bevrore kos is dus binne minute goudbruin. ’n Geïsoleerde kookruimte en ’n opgedateerde ontwerp verminder geraas, wat ’n bonus in ’n oopplankombuis is. ALLES het hierdie produk getoets en dis puik!
Koop dit HIER
Skootrekenaars en fone
Apple MacBook Neo 13 duim (A18 Pro, 8 GB, 256 GB)
R12 792 (was R13 999; 9% af)
Die MacBook Neo is vroeër vanjaar bekend gestel en is nog splinternuut. Dit is die MacBook vir mense wat die Apple-ervaring wil hê sonder die Pro-prys. Die A18 Pro-skyfie hanteer skoolwerk, sigblaaie en basiese foto-redigering moeiteloos. Die Liquid Retina-skerm is helder en skerp, en Apple beweer jy kry tot 16 uur se batterylewe. Dit is ’n puik keuse vir studente en enigiemand wat ’n ou skootrekenaar wil vervang.
Koop dit HIER
Samsung Galaxy S25 256 GB
R10 999 (was R20 999; 48% af)
Die Galaxy S26 het in Maart in Suid-Afrika aangekom, met pryse vanaf R20 999. Dit maak verlede jaar se S25 ’n slim kopie teen ongeveer die helfte van die prys. Dit is steeds ’n vlagskipproduk, met ’n 6,2-duim Dynamic AMOLED 2X-skerm, die Snapdragon 8 Elite for Galaxy-skyfie, 12 GB RAM en Galaxy AI. Die 50 MP-hoofkamera is uitstekend, en met 256 GB bergingspasie hoef jy nie kort-kort foto’s uit te vee om spasie te maak nie.
Koop dit HIER
Apple iPhone 16 128 GB
R16 999 (was R19 299; 12% af)
Apple het intussen die iPhone 17 en, meer onlangs, die iPhone 18 Pro bekendgestel. Dit maak die iPhone 16 ’n slim manier om die iPhone-ervaring vir minder te kry. Het jy die heel nuutste iPhone nodig? Waarskynlik nie. Die A18-skyfie dryf Apple Intelligence steeds moeiteloos aan. Die 48 MP-Fusion-kamera en Camera Control-knoppie maak dit ’n plesier om mee foto’s en video’s te neem. Die 6,1-duim Super Retina XDR-skerm is pragtig, en Apple beweer tot 22 uur se video-speeltyd.
Koop dit HIER
Packard Bell MclarenC 11,6 duim-skootrekenaar (4 GB, 128 GB)
R2 599 (was R3 499; 26% af)
Gaan jy ’n vuurpyl met hierdie buksie kan lanseer? Nee. Maar as jy ’n moeitelose skootrekenaar vir die basiese take nodig het, is hierdie ’n intreevlakopsie teen ’n vriendelike prys. Dit gebruik Windows 11 Home en weeg net 1,4 kg, wat dit maklik maak om saam te dra klas of koffiewinkel toe – of in jou rugsak te gooi wanneer die baas daarop aandring dat jy ’n oog oor jou e-pos hou op vakansie. Jy sal kan e-pos lees, op die internet kan swerf en YouTube kan kyk. Daar is ’n microSD-gleuf vir ekstra berging, en ’n driejaarwaarborg is by registrasie beskikbaar.
Koop dit HIER
Slimhorlosies
Garmin Vivoactive 5
R2 999 (was R3 999; 25% af)
Garmin het intussen die Vivoactive 6 bekend gestel, maar sy voorganger is steeds ’n goeie produk. Die skermgrootte en die batterylewe van tot 11 dae, is dieselfde as die Vivoactive 6. Die nuwer model voeg ’n paar ekstras by, soos ’n Smart Wake-alarm en meer ingeboude berging. Die Vivoactive 5 is dus uitstekende waarde vir geld. Jy kry steeds die helder AMOLED-skerm, ingeboude GPS, Body Battery-energiemonitering, slaapafrigting en musiekberging.
Koop dit HIER
Garmin Forerunner 965
R8 799 (was R10 169; 13% af)
Garmin se Forerunner 970 het intussen oorgeneem as die vlagskip-hardloophorlosie, maar die 965 bly ’n puik oefenmaat. Dit het al die eienskappe wat dit ’n gewilde horlosie gemaak het. Dit sluit in ’n daaglikse oefengereedheid-telling, kleurkaarte, outomatiese multisportoorskakeling vir driekamp-atlete, en gratis Garmin Coach-planne. Die 970 het ’n paar ekstras, soos ’n saffierlens, ’n helderder skerm en ’n ingeboude flitslig as jy vroegoggend wil draf. Die 965 bied egter ’n langer batterylewe in slimhorlosiemodus, naamlik tot 23 dae teenoor die 970 se 15. Vir die meeste hardlopers doen die 965 alles wat hulle nodig het.
Koop dit HIER
Garmin Fenix 8 AMOLED (51 mm)
R13 999 (was R15 389; 9% af)
Die Fenix 9, Garmin se oefenhorlosie vir bergstappers en veldloopatelete, het die oog gevang toe dit in Augustus bekend gestel is. Dis ’n puik horlosie, maar prysgewys buite die meeste mense se bereik. Die Fenix 8 is steeds ’n horlosie van vlagskipgehalte, met ’n briljante AMOLED-skerm en ’n ingeboude luidspreker en mikrofoon sodat jy oproepe vanaf jou pols kan maak. Dit het ook ’n duikgradering van 40 meter. Garmin beweer die 51 mm-model bied tot 29 dae se batterylewe. As jy Garmin se vlagskipproduk wil gebruik, bied die Fenix 8 ’n verstandige intrede tot die boonste vlak.
Koop dit HIER
Kameras en hommeltuie
DJI Osmo Nano 128 GB Standard Combo
R6 999 (was R7999; 12% af)
Hierdie aksiekamera is piepklein, en dis presies die punt. Dit neem 4K/60 fps-video op met ’n 143°-superwyehoekbeeld, sodat groepfoto’s en wye landskappe in die raam pas. ’n Magnetiese, draagbare ontwerp laat jou toe om dit aan ’n hoed of nekkoord vas te knip as jy vlogs opneem. Die kamera is waterdig tot op 10 meter. Die Vision Dock wys jou wat jy afneem en bied ekstra batterykrag. Jy kan die kamera op ’n plek monteer, en dan die Vision Dock as afstandbeheer gebruik. Dié outjie is perfek vir reis- en avontuurinhoud.
Koop dit HIER
DJI Neo 2 Fly More Combo met RC-N3
R6 999 (was R8 399; 17% af)
Met ’n gewig van sowat 151 g is die Neo 2 die hommeltuig vir mense wat nog altyd een wou hê, maar geïntimideer gevoel het. Dit styg vanaf jou handpalm op en het hindernisbespeuring in alle rigtings om beginners uit die moeilikheid te hou. Jy kan die tuigie met handgebare beheer. Dit neem 4K-video op met ActiveTrack- en QuickShots-modusse. Hierdie Fly More Combo voeg die RC-N3-beheerder, drie batterye en ’n laaistasie by, sodat jy meer tyd in die lug kry.
Koop dit HIER
Insta360 Luna Ultra Creator Bundle
R18 849 (was R21 999; 14% af)
Die Insta360 Luna is ook ’n splinternuwe kamera wat vroeër vanjaar bekend gestel is. Dis ’n skarniergewrig-kamera, wat in samewerking met Leica ontwikkel is, en gemik op ernstige inhoudskeppers. ’n Leica Summicron-lens en ’n 1-duim-sensor neem 8K/30 fps Dolby Vision-video op. Dit het ’n telefotolens met 12x zoem, en drie-as-stabilisering hou die beeldmateriaal seepglad. Die 2 duim-OLED-skerm kan verwyder word en as afstandbeheer tot op 20 m gebruik word. Insta360 belowe batterylewe van tot vier uur.
Koop dit HIER
Speletjies
PS5 Digital Edition met Grand Theft Auto VI
R13 999 (was R15 799,99; 11% af)
Grand Theft Auto VI is op 19 November bekend gestel, en met hierdie bondel-aanbod kry jy toegang tot Vice City, met ’n konsole waarop jy die speletjie kan speel. Die PS5 Digital Edition bied vinnige laaitye, haptiese terugvoer en 3D-klank. Astro’s Playroom is vooraf geïnstalleer. As jy gewag het vir die regte oomblik om ’n PS5 te koop, het jy nou die geleentheid.
Koop dit HIER
Pryse en beskikbaarheid was korrek ten tyde van skrywe en kan sonder kennisgewing verander. As Amazon-vennoot kan ALLES ’n kommissie verdien op kwalifiserende aankope, teen geen ekstra koste vir jou nie. Alle menings is dié van die redaksie.
Lees ook
Sony RX100 VII: Die staatmaker-reiskamera wat in jou sak pas
Een van ons gunsteling-winskopies vir Swart Vrydag is die Sony RX100 VII – ’n kamera wat al ’n rukkie op die mark is, maar steeds sy ding doen in die wêreld van reisfotografie.
- 2 weeks ago
Vreemd of fantasties? Puma laat die oë rek met sy nuutste tekkie
Die bekendstelling van die eerste koolstofplaat-tekkies in 2016 het kwaai mededinging onder die groot handelsmerke in die sportwêreld veroorsaak.
- 4 weeks ago
GETOETS: MeacoFan Sefte 8: Die waaier wat sy man kan staan
Ons het hierdie draagbare lessenaarwaaier in ’n kantooromgewing getoets – en dit is werklik uitstekend.
- 4 weeks ago

















