Geskenke wat jou ma régtig wil hê – hier is jou kitsgids vir Moedersdag
As jy ’n Moedersdaggeskenk kies, moenie fokus op dít wat sy vir ander mense doen nie; fokus op wie sy is wanneer niemand iets van haar vra nie. Dit hoef nie uitspattig te wees nie. Dit moet spesiaal wees vir háár.
Moedersdag het stilweg sy grense begin verskuif. Dit gaan nie net meer oor die biologiese verbintenis nie, en dit is nie meer ’n verskoning vir geykte blyke van waardering wat meer na verpligting voel as na erkenning nie. Dit gaan oor die erkenning van die vroue (en moedersfigure) wat daar is vir ons en wat ons gevorm het, met geskenke van waardering wat wys wie hulle is en waarvan hulle hou, hoe hulle hul tyd gebruik en die keuses wat hulle maak.
En as jy daardie persoon is, soveel beter.
Jy het niemand se toestemming nodig om weg te breek van die geykte Moedersdaggeskenke en iets te kies wat spesiaal is vir jou ma nie. Geen clichés nie, net geskenke wat wys dat daardie vrou spesiaal is en ’n lewe leef wat nie deur ander se verwagting ingeperk word nie.
’n Lekker versameling
Die Crazy Store-geskenkpakdiens
Gerief het nog nooit so sjiek gevoel nie. Vermy die op-die-nippertjie-gejaag met Crazy Store se nuwe geskenkpakdiens.
Die diens laat kliënte toe om hul eie items te kies, hetsy alles van The Crazy Store of gekombineer met items van elders, wat The Crazy Store dan saamvoeg in ’n netjies toegedraaide, opregte en deurdagte geskenk. Dit is ’n eenvoudige manier om ’n betekenisvolle, persoonlike geskenk te skep sonder die spanning om die perfekte kombinasie te vind, of die frustrasie dat sommige artikels in die geskenkpak nie waardeer word nie.
“Ons waardeer ons ma’s vir die klein dinge: die vroeë oggendkoffies, die regte raad op die regte tyd, en die manier waarop hulle ons herinneringe bewaar. Ons wil daardie deernis in ’n geskenk saamvat. By Crazy Store beteken bekostigbaarheid nie dat ons afskeep op sentiment of gehalte nie,” sê Crazy Store se bemarkingsdirekteur, Ashleigh Lambert.
Dis ideaal vir die ma wat bly sal wees oor die gebaar, maar die keurigheid selfs meer sal waardeer.
Oorweeg vir die geskenkpak:
Wynglas met drukwerk, R39.99
Vaas met handvatsels, R69.99
Notaboek met hartvormige slot, R99.99
Meer as net blomme
NetFlorist is ideaal vir diegene wat keuses wil hê sonder die malle soektog. Ongeag of jou ma sal hou van iets wat verpersoonliks is vir haar, prakties is of ’n lekker bederf, NetFlorist het ’n reeks uitgesoek wat gerieflik, maar steeds spesiaal is. Hier is ons gunstelinge.
Blomserp met Charlotte Rhys-geskenkpakke, R499.95
Die geskenkpak bestaan uit ’n serp met ’n blommotief (beskikbaar in rooi, blou, pienk of beige), met ’n vanieljekers, Charlotte Rhys St Thomas-seepstaaf en Charlotte Rhys-handeroom. Dit is pragtig verpak in ’n geskenkboks met wit sneespapier en houtskaafsels, wat dit ’n tikkie sofistikasie gee.
Verpersoonlikte kombuis-geskenkpak, R699
As die kombuis jou ma se klein stukkie hemel is, is hierdie verpersoonlikte stel ’n goeie geskenk. Die voorskoot, wat in denim, swart of grys beskikbaar is, het die slagspreuk: “If [Naam] can’t cook it, nobody can”. Daar is ook ’n marmer-snybord, waarop “[Naam]’s Kitchen” gegraveer is. Dis afgerond in ’n swart boks met satynlint – ’n praktiese, persoonlike geskenk wat wys hoe goed jy haar ken.
Tydlose geskenke
Ted Baker AW ’26 edit
’n Goeie handsak is nie net funksioneel nie, dit wys ook iets van jou persoonlikheid. Ted Baker se jongste produkreeks is oral tuis. Hul handsakke is prakties, maar vang die oog as jy in die kollig is, en hul juweliersware vind die perfekte balans tussen opvallend en alledaags. Hulle het ook geure wat lank onthou sal word.
LEES OOK: 9 Parfuumgeure vir die Tussenin-dae
Hul klerereeks sluit in truie met blommotiewe en satynsagte pajamas. Hierdie geskenke wys sy verkies klassieke style en nie kitsmodes nie.
Kasia geskenkstel – 50ml reukwater met gegeurde kers, R799

SUKICON: Ikoniese handsak, R1699

SHIMINA: Mini-handsak, met blommotief, R1199

Hoënektrui met blommotief, R2499

SISILLA: Knooptrui met drukmotief, R2699

ISABELLA: Verstelbare armband, R1299

ROLO: Klassieke oorringe, R999

JILLLA: Leerhandskoene met gespe-detail (wyn), , R1999
Ook beskikbaar in swart.

DAHLIA: LS Monogram-stel, R2499

Fokus op die bykomstighede
Bykomstighede word meestal bepaal deur gewoonte, nie geleentheid nie. Dit word vinnig gekies, dikwels herhaal, en mettertyd aangepas totdat net die regte stukke oorbly. Om bykomstighede as geskenke te gee, gaan dus nie daaroor om bloot iets nuuts uit te soek nie, maar oor die raaksien van die patrone wat sy reeds gevestig het, en die vind van artikels wat so naatloos inpas dat dit voel asof dit nog altyd hare was.
Leigh Avenue African Inkpots-armband, R540
Leigh Avenue La Lunne-oorringe, R1299
Kasjmier-mus en handskoene, R1299 by Woolworths

Die stel is van 100% kasjmier gemaak en voeg ’n tikkie elegansie en luuksheid by jou uitrusting. Dis heerlik sag en warm.
As jy luuksheid soek
OKAPI Cunard-versameling
Pryse op navraag
Onder leiding van die skeppende direkteur Tiaan Nagel, is OKAPI se Cunard-versameling deur Nancy Cunard geïnspireer, veral Constantin Brâncuși se 1932-werk La Jeune Fille Sophistiquée. Die resultaat is ’n reeks handsakke met pragtige vorms. Cunard se styl word deurgaans opgemerk, maar met nuwe skoon silhoeëtte wat statig, maar tog modern voel.
Dit is ook meer as net skoonheid. OKAPI bly by hul verbintenis tot plaaslike vakmanskap en volhoubare produkverkryging. Plaaslike kunstenaars word by hul produksie betrek.

LEES OOK: Give Your Kitchen an Affordable Upgrade with HomeChoice
Vir die kok wat glo in goeie potstelle
Elke kombuis het ’n middelpunt waarom alles draai, en die Pluto-stel is die hart van die kombuis. Met die Pluto-stel hoef jy nie oor jare jou stel op te bou nie – jy het van die begin af alles wat jy nodig het. Dit sluit in: ’n 1.3L-pot, 2.8L-, 5L- en 7.2L-kastrolle wat vir enige hoeveelheid gaste voorsiening maak, en ’n 28cm-braaipan wat ongelooflik veelsydig is.
Volledige stel: R3499 + gratis 24cm-pan, Home Choice
En dan is daar die eetgerei wat sy nie elke dag gebruik nie. Die Inna-eetgereistel is eenvoudig en gesofistikeerd, met ’n stewige gewig wat goed in die hand voel. Haal dit uit wanneer die tafel behoorlik gedek word vir daardie spesiale geleentheid wat ’n bietjie meer styl vereis.
24-stukke: R999, HomeChoice
48-stukke: R1799, HomeChoice
Beskikbaar in goud of silwer.
Skoonheid vir elke dag
Die kuns van goeie geskenke gee gaan daaroor om artikels te vind wat maklik in Ma se roetine inpas, terwyl dit ook haar lewe beter maak – dit verfyn en verbeter wat sy reeds gebruik.
Estee Lauder Double Wear Stay in Place-onderlaag, R830 by Woolworths:
NUWE Double Wear kan enigiets hanteer wat die dag na haar kant gooi. Dit smeer nie en is sweet-, water-, hitte- en vogbestand.
Lancome Rénergie C.R.x. Triple Serum Retinol, R1650 by Woolworths:
Ontdek ’n nuwe vlak van skoonheidsorg met Rénergie C.R.x. Retinol kombineer meesterlik met suiwer vitamien C en x-peptied.
Gelukkige Moedersdag: 10 Mei 2026
Lees ook
Tekkie van die week: Uiteindelik ’n diervel-motief wat jy kan bekostig
Bekostigbare tekkiekultuur het pas sy beste hoofstuk tot nog toe gekry. Diervel-tekkies beleef nou hul oomblik in die kollig. Van laesnit-tekkies me...
- 3 hours ago
Tekkie van die week: Die Converse x GOLF le FLEUR 1908 Jogger is maklik om lief te hê
Wanneer laas het ’n tekkie werklik gelukkig gelyk?
- 1 week ago
Is jy reg vir Voetbal-Vrydae? Hier is die beste Bafana Bafana-ondersteunersdrag
Kry jy weer daardie lekker Wêreldbeker-gevoel?
- 1 week ago















